Wildebees
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Wildebees (Connochaetes) is 'n genus van ewehoewige soogdiere wat aan die familie van horingdraers (Bovidae) behoort. Die genus bestaan uit twee spesies:
- Blouwildebees (Connochaetes taurinus), 'n groot wildsbok wat in die noordelike deel van Transvaal en ooswaarts tot teen die Swazilandgrens, Noord-Natal en Zoeloeland aangetref word.
- Swartwildebees (Connochaetes gnou), 'n groot wildsbok wat in die hoëveld van Suider-Afrika voorkom.
Wildebees | |
---|---|
'n Blouwildebees in Tanzanië | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | Connochaetes Lichtenstein, 1812 |
Spesies | |
Connochaetes gnou – Swartwildebees |
Wildebeeste kom op die grasvlaktes van suidelike en oostelike Afrika voor. Die grootste kuddes word in die Serengeti-woestyn aangetref. Hulle migreer in droë tye na voedselryke gebiede en kan duisende kilometer per jaar aflê.
Wildebeeste word 1,15 tot 1,40 meter hoog (van die grond tot die skof) en weeg tussen 150 en 250 kg wanneer hulle volgroeid is. Hulle kan meer as 20 jaar oud word.
Die koeie kalf (skenk geboorte) in die somer. Die kalwers kan soms 10 minute na geboorte al saam met die kudde op die vlug slaan. Die teelseisoen begin direk na die koeie gekalf het. Die dominante bulle merk (en verdedig) hulle grondgebied met mis en urine.
Wildebeeste speel 'n belangrike rol in die ekostelsel. Hulle mis bemes die grond en hulle vertrap die plante wat tot nuwe groei lei. Hulle bied ook voedsel vir roofdiere soos leeus en hiënas.