Ewehoewiges (Cetartiodactyla) is 'n orde van soogdiere. Hulle word gekenmerk deur 'n ewe aantal (2 of 4) tone, indien hulle steeds tone het. As voorbeeld het kameel- en kameelperdagtiges 2 tone, terwyl die seekoeie 4 tone het. Aan die twee middelste tone is hoewe. Die twee buitenste tone is onderontwikkeld of afwesig.

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Subordes ...
Ewehoewiges
gelyktonige hoefdiere
Tydperk: 54–0 m. jaar gelede Vroeë Eoseen - Onlangs
Thumb
Die regter voorpoot van verskeie spesies Artiodactyla: Van links na regs: 'n vark (Sus scrofa), edelhert (Cervus elaphus) en 'n kameel (Camelus bactrianus)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Cetartiodactyla
Subordes
Sluit
Thumb
Die ewehoewige spoor van 'n seekoei

Uitbreiding met die walvisse

Tradisioneel is die ewehoewiges wat op die land leef as 'n eie orde Artiodactyla en die walvisse en dolfyne as 'n eie orde Cetacea beskou. Genetiese navorsing[1] het egter in 1997 getoon dat die seekoeie nouer aan die walvisagtiges as aan die ander ewehoewiges verwant is. Saam met die seekoeie is laasgenoemde groep nouer aan byvoorbeeld die wildsbokke verwant, as die wildsbokke aan varke of kamele. Dit het verreikende gevolge vir die taksonomiese indeling, omdat die begrip Artiodactyla daarmee parafileties word. Die ewehoewiges bevat naamlik nie alle nasate van hul gemeenskaplike voorsaat nie. As gevolg hiervan is 'n nuwe orde (Cetartiodactyla) in die lewe geroep wat ook die walvisse as tak van hierdie orde insluit, hoewel hierdie diere geen tone of hoewe meer het nie.[2]

Moderne taksonomiese indeling

Die orde van ewehoewiges word in die volgende subordes en families verdeel:

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.