From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Horingdraers (Bovidae) is die grootste familie van ewehoewige soogdiere. Daar is byna 140 spesies en 8 subfamilies in die familie. Dit sluit beeste, bokke, skape en wildsbokke in. Die familie het sowat 20 miljoen jaar gelede in die vroeë Mioseen-tydperk ontstaan.
Bovidae | |
---|---|
'n Swartwitpens | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Bovidae Gray, 1821 |
Subfamilies | |
Bovinae |
Die familie is wyd verspreid en kom oor al die vastelande van die Aarde, behalwe in Suid-Amerika, Australië en Antarktika voor. Die meeste spesies kom in Afrika voor, maar ook in Asië, terwyl enkele spesies in Europa en Noord-Amerika aangetref word.
Die mees opvallende eienskap van die familie is die onvertakte horings met 'n kern van beenweefsel wat met 'n laag keratien bedek is. By sommige spesies het slegs die bulle horings, by ander het die koeie kleiner horings.
Hulle is almal herkouers, met 'n dubbele maag om plantegroei te kan verteer.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.