Walter Annenberg
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Walter Hubert Annenberg (13 Maart 1908 - 1 Oktober 2002) was 'n Amerikaanse uitgewer, filantroop en diplomaat.
Walter Hubert Annenberg | |
Amerikaanse ambassadeur in die Verenigde Koninkryk | |
Ampstermyn 1969 – 1974 | |
Voorafgegaan deur | David K. E. Bruce |
---|---|
Opgevolg deur | Elliot Richardson |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 13 Maart 1908 Milwaukee, Wisconsin, VSA |
Sterf | 1 Oktober 2002 Wynnewood, Pennsilvanië, VSA |
Politieke party | Republikeinse Party |
Eggenoot/-note | Veronica Dunkelman (1938-1950; geskei) Leonore Cohn (1951-2002) |
Kind(ers) | Wallis (* 1939) Roger (1940-1962) |
As entrepreneur het Walter Annenberg die sakebelange van sy familie, wat oorspronklik tot gedrukte media beperk was, uitgebrei om ook radio- en televisiestasies in te sluit. Nadat sy vader in die 1930's in 'n aantal skandale betrokke geraak het, waaronder belastingontduiking, het Walter Annenberg moeite gedoen om die reputasie van sy familie te herstel. So het hy sy lewe lank ruim skenkings aan kunsgalerye en ander publieke en onderwysinstellings gemaak waarvan die totale waarde op VSA-$2 miljard beraam is.[1]
Annenberg het nooit geskroom om met sy media by politieke debatte betrokke te raak en sy eie standpunte te bevorder nie. Hy het mediaveldtogte ten gunste van die VSA se ekonomiese herstelplan ná die Tweede Wêreldoorlog, die Marshall-plan, en teen die heksejag op kommuniste en vermeende kommuniste in die McCarthy-tydperk gevoer.
Annenberg het 'n luukse leefstyl geniet. In Sunnylands, sy uitgestrekte landgoed en villa in 'n Suid-Kaliforniese woestynstreek naby Rancho Mirage en Palm Springs, het hy saam met sy eggenote Leonore koninklike gaste, staatshoofde en baie ander bekende persoonlikhede onthaal. As die Verenigde State se ambassadeur in die Verenigde Koninkryk - 'n pos wat hy tussen 1969 en 1974 beklee het - het Annenberg baie gewild geraak en is as Ridderkommandeur met die tweede seniorklas van die Orde van die Britse Ryk vereer.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.