VIRGOHI21
From Wikipedia, the free encyclopedia
VIRGOHI21 is ’n uitgebreide H I-gebied (met neutrale waterstof) in die Virgo-sterrestelselswerm wat in 2005 ontdek is. Die ontleding van sy interne beweging dui daarop dat dit ’n groot hoeveelheid donker materie kan bevat – soveel as ’n klein sterrestelsel. Aangesien VIRGOHI21 blykbaar geen sterre bevat nie, of bitter min, sal dit een van die eerste bekende donker sterrestelsels wees. Skeptici van dié teorie meen VIRGOHI21 is bloot die "gety-stert" van die nabygeleë sterrestelsel Messier 99.
Kitsfeite
VIRGOHI21 | ||||
Soort stelsel | H I-gebied | |||
Sterrebeeld | Maagd | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 12h 17m 53,6s | |||
Deklinasie | +14º 45' 25" | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 50 miljoen | |||
Skynbare grootte | < 27 | |||
Kenmerke | Feitlik geen sterre | |||
Ander name | Geen | |||
|
Sluit