Messier 99 of M99 (ook bekend as NGC 4254) is ’n spiraalsterrestelsel sowat 50,2 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Berenike se Hare. Dit is in 1781 deur Pierre Méchain ontdek saam met die Messier-voorwerpe M98 en M100, en Charles Messier het dit in dieselfde jaar in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

Kitsfeite
Messier 99
Thumb
(Foto met vergunning van Adam Block)
Soort stelselSpiraalsterrestelsel
SterrebeeldBerenike se Hare
TipeSA(s)c
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming12h 18m 49,6s
Deklinasie+14º 24' 59"
Skynmagnitude10,4
Besonderhede
Afstand (ligjaar)50,2 miljoen
Skynbare grootte 5,4 × 4,7 boogminute
Ander nameM99, NGC 4254, UGC 7345, PGC 39578
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde
Sluit

Messier 99 was een van die eerste sterrestelsels waarin ’n spiraalpatroon gesien is – in 1846 deur lord Rosse.[1]

Die sterrestelsel het ’n normale spiraalarm en ’n losser, uitgerekte arm. ’n Brug van neutrale waterstofgas verbind M99 met VirgoHI21, ’n moontlike donker sterrestelsel, en laasgenoemde se swaartekrag het M99 moontlik vervorm en die gasbrug uitgerek.

Drie supernovas is al in M99 waargeneem.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.