Upsilon Andromedae
From Wikipedia, the free encyclopedia
Upsilon Andromedae (ook υ And genoem) is ’n dubbelster sowat 44 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Andromeda. Die hoofster, Upsilon Andromedae A, is ’n geelwitdwergster effens jonger as die Son. Die tweede ster in die stelsel, Upsilon Andromedae B, is ’n rooidwerg in ’n wye wentelbaan.
Kitsfeite
Upsilon Andromedae | ||||
’n Kunstenaarsvoorstelling van Upsilon Andromedae A en twee van sy vier planete. | ||||
Sterrebeeld | Andromeda | |||
Spektraaltipe | F9V[1] / M4,5 V | |||
Soort | Dubbelster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 01h 36m 47,84216s[2] | |||
Deklinasie | +41° 24′ 19,6443″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 4,09 | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 1,27 | |||
Radius (R☉) | 1,48 | |||
Ligsterkte (L☉) | 3,57 | |||
Ouderdom (jaar) | 3,1 miljard | |||
Temperatuur (K) | 6 074 | |||
Afstand (ligjaar) | 44,25 | |||
Eienskappe | ||||
Veelvoudigheid | 2 | |||
Planete | 4 | |||
Ander name | ||||
50 Andromedae, BD+40 332, CCDM 01367+4125, FK5 1045, GC 1948, GCTP 331.00, Gl 61, HD 9826, HIP 7513, HR 458, LTT 10561, SAO 37362, WDS 01368+4124A. | ||||
|
Sluit
Vier planete (soos in 2010) wentel om die hoofster. Al vier is waarskynlik Jupiter-agtige planete. Upsilon Andromedae was beide die eerste veelvoudige planeetstelsel wat om ’n hoofreeksster ontdek is en die eerste veelvoudige planeetstelsel in ’n veelvoudige sterstelsel.