Umzumbe
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Umzumbe is 'n nedersetting langs die Indiese Oseaan in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Umzumbe is net suid van Hibberdene. Die N2 nasionale pad en R102 gaan naby Umzumbe verby. Dit is die geboorteplek van die huidige Minister van Polisie, Bheki Cele.
Umzumbe | |
---|---|
Die ou St Elmos-kerk in Umzumbe | |
Koördinate: 30°37′30″S 30°32′30″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distrik | Ugu |
Munisipaliteit | Ray Nkonyeni |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,21 km2 (0,85 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 366 |
• Digtheid | 166/km2 (430/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 48.6% |
• Indiërs/Asiërs | 6.0% |
• Bruin mense | 4.9% |
• Swart mense | 40.2% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Engels | 42.2% |
• Zoeloe | 32.4% |
• Afrikaans | 22.0% |
• Xhosa | 2.0% |
• Ander | 1.4% |
Poskode (strate) | 4225 |
Poskode (posbusse) | 4225 |
Skakelkode | 039 |
Umzumbe is geleë suid van die monding van die Mzumberivier, waarvan dit sy naam kry; van Zoeloe-oorsprong. Die naam beteken die slegte, gevaarlike of kronkelende een.[2]
Umzumbe het een strand, die Umzumbe Beach wat 'n Blouvlagstrand is. Nabygeleë en groter strande op die Laer-Suidkus sluit Hibberdene, Ramsgate, St Michael's-on-Sea, Uvongo, Margate en Marina Beach in.[3][4] Nog 'n ontspanningsgebied is die Umzumbe Surf Camp.[5]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.