Die Tsjegge (Tsjeggies: Češi, [ˈtʃɛʃɪ], manlike enkelvoud: Čech, vroulike enkelvoud: Češka) is 'n Slawiese nasie en etniese groep inheems aan Tsjeggië wat Tsjeggies, 'n Wes-Slawiese taal, as moedertaal praat. Hulle vorm die titulêre nasie van Tsjeggië en maak volgens die laaste sensus van 2011 omtrent 64% van dié land se bevolking uit.
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Tsjeggies.
Tsjegge | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 10–12 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Tsjeggië 6,7–9,2 miljoen[1] Verenigde State ~1,5 miljoen[2] |
Taal: | Tsjeggies |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik ongebonde (Ateïsme, Agnostisisme, Deïsme) of Rooms-Katolieke Kerk, Lutheranisme |
Verwante etniese groepe: | Ander Wes-Slawiese volke soos Pole, Slowake en Sorbe[10] |
Wêreldwyd leef tussen 10 en 12 miljoen Tsjegge, waarvan tussen 6,7 en 9,2 miljoen in Tsjeggië en 1,5 miljoen in die Verenigde State. Naas Tsjegge leef nog minderhede soos Morawiërs (4,9%) en Slowake (1,4%) in Tsjeggië.
Volgens 'n gewilde mite is die Tsjegge afstammelinge van die stamvader Tsjech wat saam met Ljech en Roes as mitiese stigters van die drie Slawiese nasies Pole, Rusland en Tsjeggië beskou word.
Geloof
Tsjeggië het een van die minste religieuse bevolkings in Europa en volgens die 2011-sensus is 79% van die landsbevolking agnosties, ateïsties, nie-gelowig of 'n nie-georganiseerde gelowige. Sowat 10% is Rooms-Katolieke.
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.