From Wikipedia, the free encyclopedia
Stinkhout (Ocotea bullata) is 'n endemiese boom van Suid-Afrika. Dit staan ook bekend as Swartstinkhout of Ware stinkhout.
Stinkhout | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | Magnoliids |
Orde: | Laurales |
Familie: | |
Genus: | Ocotea |
Spesie: | O. bullata |
Binomiale naam | |
Ocotea bullata (Burch.) Baill., (1870) | |
Sinonieme | |
|
Die boom kom voor langs die Weskus tot in KwaZulu-Natal, asook verspreid in Mpumalanga en Limpopo.
Die boom se hout is van hoë gehalte, is baie duur en meubels wat daarvan gemaak is, is gesog. Die blare het kenmerkende vratjies of blasies aan die bokant. Die ovaalvormige vrug word pers wanneer dit ryp is en is omtrent 2 cm lank. Dit het 'n kelk aan die basis en lyk soos 'n akker. Die boom het sy naam gekry weens die feit dat die hout stink wanneer dit gesaag word.
Die boom se FSA-nommer is 118.[1]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Ocotea bullata. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.