Sjepseskare
Egiptiese farao / From Wikipedia, the free encyclopedia
Sjepseskare (ook bekend as Sjepseskare Isi en onder die Hellenistiese naam Sisires volgens Manetho) was ’n Egiptiese farao van die 5de Dinastie tydens ’n tydperk bekend as die Ou Ryk. Sommige kenners glo hy het van omstreeks 2455 tot 2448 v.C. regeer.[1] Sy troonnaam beteken "Edel is die siel van Ra".[2]
Kitsfeite
Sjepseskare | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Sjepseskare Isi, Sisires | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Farao van die 5de Dinastie | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Periode | Omstreeks 2463-2445 v.C. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Voorganger | Neferirkare (?) | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Opvolger | Neferefre (?) | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Sjepseskare in Egiptiese hiërogliewe | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Sluit
Hy is een van die farao's met die kortste bewind en sommige Egiptoloë soos die Tsjeg Miroslav Verner glo hy het net ’n paar maande lank regeer na aanleiding van sy onvoltooide piramide by Aboesir, waarvan die basis skaars voltooi was voor werk gestaak is, asook vanweë die min artikels wat die koning noem. Tog dui sowel die Turynse Koningslys as Manetho sy bewind as sewe jaar aan.