![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/af/All_Gizah_Pyramids.jpg/640px-All_Gizah_Pyramids.jpg&w=640&q=50)
Egiptiese piramide
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Egiptiese piramides is antieke piramidevormige boustrukture in Egipte. Tot in 2008 is 138 piramides in dié land ontdek.[1][2] Die meeste is gebou as grafkelders vir die land se farao's en hul vroue tydens die periodes van die Ou en die Middelryk van Egipte.[1][3]
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/af/All_Gizah_Pyramids.jpg/640px-All_Gizah_Pyramids.jpg)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/41/EgyptianPyramidsandSphinx2006.jpg/640px-EgyptianPyramidsandSphinx2006.jpg)
Die vroegste bekende Egiptiese piramides word aangetref by Saqqara, noordwes van Memphis. Die oudste van hulle is die Piramide van Djoser (gebou van 2630-2611 v.C.), tydens die 3de Dinastie. Dit is deur die argitek Imhotep ontwerp en word algemeen beskou as die wêreld se oudste monumentstruktuur van vormklipwerk.[4] Die raming van hoeveel werkers nodig sou wees om die piramides te bou, wissel van ’n paar duisend tot 100 000.[5]
Die bekendste Egiptiese piramides is dié by Giza, aan die buitewyke van Kaïro. Verskeie van die Giza-piramides word beskou as van die grootste strukture wat nog gebou is.[6] Die grootste een is die Piramide van Cheops (of Choefoe). Dit is die enigste van die Sewe Wonders van die Antieke Wêreld wat nog bestaan.