Sjabloon:Aktueel
sjabloon Wikimedia / From Wikipedia, the free encyclopedia
- Spanje se sokkerspan wen die eindwedstryd van die 17de UEFA Europa-beker teen Engeland met 2–1. Beide Frankryk en Nederland eindig in die halfeindrondte.
- Tydens die Wimbledon-kampioenskap wen die Tsjeggiese tennisspeler Barbora Krejčíková haar tweede Grand Slam-toernooi, terwyl die Spaanse tennisspeler Carlos Alcaraz sy vierde toernooi ingepalm het.
- Nadat die Arbeidersparty in die algemene verkiesing die sedert 2010 regerende Konserwatiewe Party verslaan, word Keir Starmer nuwe eerste minister van die Verenigde Koninkryk.
- In Nederland is die onafhanklike Dick Schoof as nuwe eerste minister ingesweer.
- In die eindstryd van die T20I-wêreldbeker 2024 op die Kensington-ovaal in Bridgetown, Barbados verslaan Indië Suid-Afrika met sewe lopies en palm sodoende sy tweede T20I-wêreldbekertitel in.