From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Siljansring (Sweeds: Siljansringen) is 'n prehistoriese slagkrater in Dalarna, Sentraal-Swede.[1] Dit is een van die grootste 15 bekende slagkraters op Aarde en die grootste een in Europa, met 'n deursnee van sowat 52 km. Die slag wat die Siljansring geskep het, het gebeur toe 'n meteoriet die aardoppervlak in die Devoonperiode, sowat 376,8 ± 1,7 miljoen jaar gelede, getref het. Dit stem min of meer ooreen met die eerste Devoon-uitwissing, Kellwasser-voorval of Laat-Frasnium-uitwissing sowat 376,1 ± 1,6 miljoen jaar gelede.[2] Die gevolge van die inpak kan duidelik gesien word in die rotslaag in die ongewing. Die rotse uit die Kambrium, Ordovisium en Siluur wat deur die impak misvorm is, is ryk aan fossiele.
Onlangs is in die gebied om die Siljansring geprospekteer vir olie en aardgas, maar geeneen van die projekte was tot dusver ekonomies volhoubaar nie. Aan die oostekant van die ring is groot neerslae lood en sink.
Verskeie mere kom in die omgewing voor, waarvan die Siljan die grootste is. Dit lê aan die suidsuidwestekant van die krater, met die kleiner Orsameer in die weste en die Skattungen en Ore in die noordooste.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.