From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Serpukhovium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede in onderskeidelik die sisteem en periode Karboon (epog/serie Mississippium). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Periode/ sisteem |
Epog/ serie |
Tydsnede/ etage |
M. jaar gelede | ||
---|---|---|---|---|---|
Perm | Sisuralium | Asselium | jonger | ||
Karboon | Pennsylvanium | Gzhelium | 298,9–303,7 | ||
Kasimovium | 303,7–307,0 | ||||
Moskovium | 307,0–315,2 | ||||
Bashkirium | 315,2–323,2 | ||||
Mississippium | Serpukhovium | 323,2–330,9 | |||
Viséum | 330,9–346,7 | ||||
Tournaisium | 346,7–358,9 | ||||
Devoon | Laat | Famennium | ouer | ||
Die verdeling van die Karboon (IKS). |
Die Serpukhovium was van sowat 330,9 tot 323,2 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die etage/tydsnede Viséum en gevolg deur die Bashkirium.
Die etage is genoem na die Russiese stad Serpoechof naby Moskou. Die basis van die Serpukhovium word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Conodonta Lochriea crusiformis en die bokant deur die eerste voorkoms van die Conodonta Declinognathodus nodiliferus. Geen tipeligging is nog vir die basis vasgelê nie.
In die biostratigrafie word die etage met behulp van Conodonta ingedeel in die volgende vier biosones:
Die Mississippium word daarnaas op basis van Foraminifera ingedeel in biosones.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.