![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/f3/Sahrawi%2526camel.jpg/640px-Sahrawi%2526camel.jpg&w=640&q=50)
Sahrawis
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Sahrawis (Arabies: صحراويون, ṣaḥrāwīyūn, letterlik: "bewoners van die Sahara" of "woestynbewoners"; Berbers: ⵉⵙⴻⵃⵔⴰⵡⵉⵢⴻⵏ, Iseḥrawiyen; Frans: Sahraoui; Spaans: Saharaui) is 'n Arabiese etniese groep inheems aan die westelike gedeeltes van die Sahara, insluitende Wes-Sahara (opgeëis deur die Polisario en hoofsaaklik onder die gesag van Marokko), dele van Suid-Marokko, Noord-Mauritanië en die uiterste suidweste van Algerië.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/26/Flag_of_the_Sahrawi_Arab_Democratic_Republic.svg/320px-Flag_of_the_Sahrawi_Arab_Democratic_Republic.svg.png)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/22/Western_Sahara_-_Tribes.png/640px-Western_Sahara_-_Tribes.png)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c8/WOMEN_IN_DESSERT.jpg/640px-WOMEN_IN_DESSERT.jpg)
Sahrawis | |
---|---|
![]() 'n Sahrawiese man met sy kameel in Tindouf, Algerië, tans die regeringsetel van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara | |
Totale bevolking: | 570 866[1]–632 800[2] |
Belangrike bevolkings in: | ![]()
|
Taal: | Arabies, Berbertale, Spaans (lingua franca), Frans (lingua franca) |
Geloofsoortuiging: | Soennitiese Islam, Soefisme |
Verwante etniese groepe: | Arabiere, Berbers, Bedoeïene[16] |
Soos by die meeste groepe van die Sahara is die Sahrawis-kultuur gemeng. Dit toon hoofsaaklik Arabies-Berberse eienskappe, soos die bevoorregte posisie van vroue (Matriargie),[17] sowel as eienskappe wat gemeen is aan etniese groepe van die Sahel. Sahrawis bestaan uit baie stamme en is hoofsaaklik sprekers van die Hassanija-dialek van Arabies en sommige van hulle praat nog steeds Berbertale in beide Marokko se betwiste en nie-betwiste gebiede.[18]