Richmond, Noord-Kaap
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Richmond is 'n klein dorp in die suidooste van die Noord-Kaap, Suid-Afrika en is langs die N1 nasionale pad geleë. Volgens die 2011-sensus het die dorp 'n bevolking van 5 122 gehad, waarvan 255 (2.9%) blank was.[1]
Richmond | |
---|---|
Loopstraat, Richmond | |
Koördinate: 31°24′48″S 23°56′48″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Pixley ka Seme |
Munisipaliteit | Ubuntu |
Stigting | 1843 |
Oppervlak | |
• Totaal | 83,1 km2 (32,1 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 5 122 |
• Digtheid | 62/km2 (160/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 2.9% |
• Indiërs/Asiërs | 0.6% |
• Bruin mense | 62.9% |
• Swart mense | 32.6% |
• Ander | 0.9% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 72.2% |
• Xhosa | 21.8% |
• Engels | 2.3% |
• Ander | 3.6% |
Die dorpie het op 11 Oktober 1843 as 'n NG Kerkgemeente ontstaan. Die plaas Driefontein is later gekoop en in woonerwe onderverdeel. Die eerste paar erwe is op 19 April 1845 verkoop. Die dorp is vernoem na die graaf van Richmond, vader van lady Sarah Maitland, vrou van sir Peregrine Maitland, wat die goewerneur van die Kaapkolonie was op daardie tydstip. Die dorp is twee keer deur die Boere aangeval tydens die Tweede Vryheidsoorlog.
Die distrik is 7 500 km2 groot. Richmond is bekend om sy merinoboerdery en perdetelery. Richmond beskik oor een van slegs twee perdemuseums in die wêreld. Die drie fonteine waarvan die oorspronklike plaas sy naam gekry het, borrel nog steeds rustig. Die water beland in die Wilgersloot, 'n sytak van die Ongersrivier.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.