Richard Burton
From Wikipedia, the free encyclopedia
Richard Burton CBE (10 November 1925 – 5 Augustus 1984) was ’n Walliese akteur van die verhoog en rolprente[1] wat bekend was vir sy soetvloeiende baritonstem en toneelspeltalent.[2][3]
Kitsfeite Geboortenaam, Geboorte ...
Richard Burton | |
Burton in 1953 in The Robe. | |
Geboortenaam | Richard Walter Jenkins |
---|---|
Geboorte | (1925-11-10)10 November 1925 |
Sterfte | 5 Augustus 1984 (op 58) |
Aktiewe jare | 1944–1984 |
Sluit
Hy is sewe keer vir ’n Oscar benoem, maar het nooit een gewen nie. Hy het wel Bafta-, Golden Globe- en Tony-pryse vir beste akteur ingepalm. In die middel 1960's was hy onder die sterre wat die gewildste by die loket was,[4] en teen die laat 1960's was hy een die bes betaalde akteurs in die wêreld.[5]
Burton se naam word steeds hoofsaaklik verbind aan dié van sy tweede vrou, die aktrise Elizabeth Taylor. Die paar se onstuimige verhouding was selde uit die nuus.[6]