From Wikipedia, the free encyclopedia
Die reuse-akkedis (Megalania prisca of Varanus priscus) is ’n baie groot uitgestorwe akkedis. Hulle het tydens die Pleistoseen in Suid-Australië voorgekom. Dit lyk of hulle tussen 40 000[2] en 30 000[3] jaar gelede uitgesterf het. Die heel eerste inwoners van Australië kon hulle dalk teengekom het.[4]
Reuse-akkedis | |
---|---|
’n Rekonstruksie van Megalania (Melbourne-museum). | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | Scleroglossa |
Infraorde: | Anguimorpha |
Parvorder: | Platynota |
Superfamilie: | Varanoidea |
Familie: | |
Genus: | ?Megalania (sien teks) |
Spesie: | ?M. prisca (sien teks) |
Binomiale name | |
Die name word betwis: óf Megalania prisca Owen, 1859[1] óf Varanus priscus Owen, 1859 |
Die naam Megalania prisca ("antieke groot swerwer") is in 1859 deur sir Richard Owen aan die dier gegee vanweë sy aardse natuur.[1] Die status van die naam as ’n geldige genus bly omstrede, want baie skrywers verkies om dit te beskou as ’n sinoniem vir Varanus,[5][6] wat alle lewende likkewane insluit. Omdat die geslag van die genera Megalania en Varanus onderskeidelik vroulik en manlik is, wissel die spesienaam ook daarvolgens tussen prisca (vroulik) en priscus (manlik).[2]
Die gebrek aan volledige skelette wat ontdek is, maak dit moeilik om die presiese grootte van die reuse-akkedis te bepaal.[6] Volgens vroeë ramings was dit sowat 7 m lank, met ’n maksimum gewig van sowat 600 tot 620 kg.[7] In 2002 het Stephen Wroe voorgestel die Megalania was hoogstens 4,5 m lank, met ’n gewig van sowat 331 kg, terwyl gemiddelde mates 3,5 m en 97 tot 158 kg was.[8] In 2009 het Wroe en ander navorsers die mates weer verhoog tot minstens 5,5 m en 575 kg.[9]
Die reuse-akkedis bly egter die grootste bekende aardakkedis. Gemeet aan sy grootte, het dit waarskynlik jag gemaak op medium- tot groot diere, insluitende ander akkedisse, en klein soogdiere, sowel as voëls en hul eiers en kuikens. Die lyf en ledemate was stewig en die skedel groot, met ’n klein kam tussen die oë.[2]
Volgens ’n studie wat in 2009 gepubliseer en op Wroe se vroeë grootteramings gebaseer is, het die reuse-akkedis ’n spoed van 2,6 tot 3 m/s gehaal, soortgelyk aan dié van die lewende Australiese varswaterkrokodil (Crocodylus johnstoni).[10]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.