From Wikipedia, the free encyclopedia
QSO J0529−4351 (SMSS J052915.80–435152.0) is 'n kwasar 12 miljard ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Skilder. Dit is nie net die helderste een in sy soort nie, maar ook die helderste voorwerp wat nog waargeneem is. Die supermassiewe swartkolk in sy middel het 'n massa van sowat 17×109 M☉ (17 miljard keer dié van die Son), en dit versamel sowat 1 M☉ materiaal per dag.
QSO J0529−4351 | ||||
Wye veld van die streek om die kwasar J0529-4351. | ||||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Sterrebeeld | Skilder | |||
Regte klimming | 05h 29m 15.8s | |||
Deklinasie | -43° 51′ 52″ | |||
Skynmagnitude (m) | 16[1] | |||
Rooiverskuiwing | z = 3,962[1] | |||
Inligting | ||||
Afstand (ligjaar) | 12 miljard | |||
Ander name | ||||
| ||||
|
Die kwasar is ontdek met die Baie Groot Teleskoop van die Europese Suidelike Sterrewag (ESO) in Chili en die ontdekking is op 20 Februarie 2024 aangekondig.[2][1][3]
Die voorwerp self verskyn in beelde van die ESO wat terugdateer na 1980, maar dit is eers 'n paar dekades later as kwasar geïdentifiseer.[4] Die outomatiese ontleding van data van die Gaia-ruimtesterrewag van die Europese Ruimtevaartorganisasie (ESA) vir 2022 het nie bevestig dat die voorwerp te helder was om 'n kwasar te wees nie en het voorgestel dat dit met 'n waarskynlikheid van 99,98% 'n ster was.[5]
In 2023 is dit met behulp van waarnemings van die Siding Spring-teleskoop by die Siding Spring-sterrewag in Australië as 'n verafgeleë kwasar geïdentifiseer. Om egter te ontdek dat dit die helderste kwasar was wat nog waargeneem is, was 'n groter teleskoop nodig: die spektrograaf X-shooter by die Baie Groot Teleskoop in die Chileense Atacama-woestyn.[4] Bykomende waarnemings is egter nodig om die moontlikheid van 'n gravitasielens definitief uit te skakel as 'n moontlike verklaring dat die kwasar so helder is.[6]
Die kwasar se rooiverskuiwing is 3,962. Die voorwerp self behoort tot die radiostil kwasars. Sy totale bolometriese helderheid is 1048,37 erg per sekonde.[5]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.