Skilder (sterrebeeld)
sterrebeeld From Wikipedia, the free encyclopedia
sterrebeeld From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Skilder (Latyn: Pictor) is ’n klein, dowwe sterrebeeld in die suidelike hemelruim langs die Groot Magellaanse Wolk. Hoewel sy naam Skilder is, stel dit eintlik ’n skilder se esel voor – die oorspronklike Latynse naam was Equuleus Pictoris en is later verkort. Dit is in die 17de eeu uitgedink deur die sterrekundige Nicolas-Louis de Lacaille.
Skilder | ||||
Latynse naam | Pictor | |||
Genitief | Pictoris | |||
Afkorting | Pic | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 4,53h ~ 6,85h | |||
Deklinasie | −43° ~ −64º | |||
Grootte | 247 vk. grade (59ste) | |||
Kwadrant | SQ1 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 3 | |||
Helderste ster | Alpha Pictoris (α Pic) | |||
Naaste ster | Kapteyn se Ster | |||
Sterre helderder as 3 m | 0 | |||
Sterre met planete | 3 | |||
Messier-voorwerpe | 0 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 15 | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Graveerstif, Kiel, Duif, Swaardvis, Agterdek, Vlieënde Vis | ||||
|
Die Skilder het in onlangse jare aandag getrek vanweë sy tweede helderste ster, Beta Pictoris (β Pic), wat 63,4 ligjare van die Aarde af is en deur ’n ongewone, koolstofryke stofskyf omring is.
Kapteyn se Ster, ’n rooi dwergster 12,78 ligjare van hier, is die naaste bekende ster met ’n halo.
NGC 1705 is ’n onreëlmatige dwergsterrestelsel 17 miljoen ligjare van die Aarde af. Dit is een van die aktiefste stervormende sterrestelsels in die nabygeleë heelal, ondanks die feit dat hy sy hoogtepunt van stervorming sowat 30 miljoen jaar gelede bereik het.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.