Pyl (sterrebeeld)
sterrebeeld / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Pyl (Latyn: Sagitta) is ’n klein sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Dit is noord van die ewenaar geleë en kan van oral op Aarde gesien word behalwe vanaf die Antarktiese sirkel.
Kitsfeite
Pyl | ||||
Latynse naam | Sagitta | |||
Genitief | Sagittae | |||
Afkorting | Sge | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 19h | |||
Deklinasie | 18º | |||
Grootte | 80 vk. grade (86ste) | |||
Kwadrant | NQ4 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 4 | |||
Helderste ster | Gamma Sagittae (γ Sge) | |||
Naaste ster | Gliese 745 | |||
Sterre helderder as 3 m | 0 | |||
Sterre met planete | 2 | |||
Messier-voorwerpe | 1 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 19 | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Vos, Hercules, Arend, Dolfyn | ||||
|
Sluit
Die Pyl is die derde kleinste sterrebeeld (naas die Vul en Suiderkruis). Dit lê in die Melkweg.