From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Pritzker-prys vir argitektuur (Engels: Pritzker Architecture Prize) is die mees prestigieuse toekenning op die gebied van argitektuur en word deur die Amerikaanse Hyatt-stigting jaarliks aan 'n lewende argitek (of meerdere argitekte) toegeken wat met sy werk 'n beduidende bydrae tot die argitektoniese kuns en die menslike kultuur gelewer het.[1]
Pritzker-prys vir argitektuur
| ||
Toegeken vir | Beduidende bydraes vir die argitektoniese kuns en die menslike kultuur | |
Borg | Hyatt-stigting | |
Land | Verenigde State | |
Eerste toekenning | 1979 | |
Webtuiste | pritzkerprize.com |
Die prys is in 1979 deur Jay A. Pritzker (1922–1999), die stigter van die Hyatt-hotelgroep, en sy vrou Cindy in die lewe geroep en is ná sy afsterwe deur die Hyatt-stigting toegeken. Die toekenning geniet in die argitektuur dieselfde internasionale erkenning soos die Nobelprys op die gebied van die letterkunde, ekonomie en natuurwetenskappe en vestig die publiek se aandag op argitektuur as 'n belangrike kunsvorm wat 'n groot invloed op die maatskappy uitoefen.
Naas 'n argitek se bydrae tot die internasionale boukuns word ook die vernuwende gehalte en finesse van sy argitektoniese gedagte by die uitvoering van sy werk as 'n kriterium vir die prystoekenning in ag geneem. Daarnaas speel ook die manier waarop moderne boutegnologie by die werk ingespan is 'n belangrike rol.
Die wenner ontvang 'n prysgeld van VSA-$ 100 000 en 'n bronsmedalje, maar trek veral voordeel uit die internasionale erkenning as 'n meester-argitek en die belangstelling van bouontwikkelaars in sy vaardighede wat uit die prystoekenning voortspruit.
Jaar | Wenner | Land | Plek van prystoekenning |
---|---|---|---|
1979 | Philip Johnson | Verenigde State | Dumbarton Oaks, Washington, D.C. |
1980 | Luis Barragán | Meksiko | Dumbarton Oaks, Washington, D.C. |
1981 | James Stirling | Verenigde Koninkryk | National Building Museum, Washington, D.C. |
1982 | Kevin Roche | Verenigde State | The Art Institute, Chicago (Illinois) |
1983 | Ieoh Ming Pei | Verenigde State | Metropolitan Museum of Art, New York |
1984 | Richard Meier | Verenigde State | National Gallery of Art, Washington, D.C. |
1985 | Hans Hollein | Oostenryk | Huntington Library, Art Collections and Botanical Gardens, San Marino (Kalifornië) |
1986 | Gottfried Böhm | Duitsland | Goldsmiths' Hall, Londen (Engeland) |
1987 | Kenzo Tange | Japan | Kimball Art Museum, Fort Worth (Texas) |
1988 | Gordon Nunshaft Oscar Niemeyer |
Verenigde State Brasilië |
The Art Institute, Chicago (Illinois) |
1989 | Frank Gehry | Verenigde State | Todaiji-tempel, Nara (Japan) |
1990 | Aldo Rossi | Italië | Palazzo Grassi, Venesië (Italië) |
1991 | Robert Venturi | Verenigde State | Palacio de Iturbidi, Meksikostad |
1992 | Álvaro Siza | Portugal | Harold Washington Library Center, Chicago (Illinois) |
1993 | Fumihiko Maki | Japan | Kasteel van Praag, Tsjeggiese Republiek |
1994 | Christian de Portzamparc | Frankryk | The Commons, Columbus (Indiana) |
1995 | Tadao Ando | Japan | Grand Trianon en Kasteel van Versailles (Frankryk) |
1996 | Rafael Moneo | Spanje | Bouterrein van The Getty Center, Los Angeles (Kalifornië) |
1997 | Sverre Fehn | Noorweë | Bouterrein van die Guggenheim-museum, Bilbao (Spanje) |
1998 | Renzo Piano | Italië | Withuis, Washington, D.C. |
1999 | Sir Norman Foster | Verenigde Koninkryk | Altes Museum, Berlyn (Duitsland) |
2000 | Rem Koolhaas | Nederland | Argeologiese Park van Jerusalem (Israel) |
2001 | Jacques Herzog Pierre de Meuron |
Switserland | Thomas Jefferson se Monticello, Virginië |
2002 | Glenn Murcutt | Australië | Michelangelo se Campidoglio, Rome (Italië) |
2003 | Jørn Utzon | Denemarke | Koninklike Akademie van die Skone Kunste, Madrid (Spanje) |
2004 | Zaha Hadid | Verenigde Koninkryk | Sint Petersburg (Russiese Federasie) |
2005 | Thom Mayne | Verenigde State | Pritzker-pawiljoen, Millennium Park (Chicago) |
2006 | Paulo Mendes da Rocha | Brasilië | Dolmabahçe-paleis, Istanboel (Turkye) |
2007 | Richard Rogers | Verenigde Koninkryk | The Banqueting House, Londen |
2008 | Jean Nouvel | Frankryk | Kongresbiblioteek, Washington, D.C. |
2009 | Peter Zumthor | Switserland | Wetgewende Paleis van die Stadsraad, Buenos Aires |
2010 | Kazuyo Sejima en Ryue Nishizawa (SANAA) | Japan | Ellis-eiland, New York |
2011 | Eduardo Souto de Moura | Portugal | Estádio Municipal de Braga, Braga |
2012 | Wang Shu | Volksrepubliek China | Groot Saal van die Volk, Beijing |
2013 | Toyo Ito | Japan | Presidensiële John F. Kennedy-biblioteek en -museum, Boston |
2014 | Shigeru Ban | Japan | Rijksmuseum, Amsterdam |
2015 | Frei Otto | Duitsland | New World Center, Miami |
2016 | Alejandro Aravena | Chili | United Nations Headquarters, New York |
2017 | Rafael Aranda, Carme Pigem & Ramón Vilalta (RCR Arquitectes) | Spanje | Akasaka-paleis, Tokio |
2018 | B. V. Doshi (Vastu Shilpa Consultants) | Indië | Aga Khan Museum, Toronto |
2019 | Arata Isozaki | Japan | Paleis van Versailles, Parys |
2020 | Yvonne Farrell en Shelley McNamara (Grafton Architects)[2] | Republiek Ierland | aanlyn |
2021 | Anne Lacaton en Jean-Philippe Vassal (Lacaton & Vassal)[3] | Frankryk | aanlyn |
2022 | Diébédo Francis Kéré[4] | Burkina Faso Duitsland |
LSE Marshallgebou, Londen |
2023 | David Chipperfield[5] | Verenigde Koninkryk | Antieke Agora van Athene |
2024 | Riken Yamamoto | Japan | Kunsinstituut van Chicago |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.