Die Pongolium is 'n deur Gradstein hulle voorgestelde periode van die Mesoargeïese Era. Die Pongolium is die einde van die Mesoargeïkum.
Eon | Era | Periode | Ouderdom Ma. |
---|---|---|---|
Proterosoïkum | Paleoproterosoïkum | later | |
Argeïkum | Neoargeïkum | Siderium[1][2] | 2630 -2420 |
Metanium | 2780 – 2630 | ||
Mesoargeïkum | Pongolium | 3020 – 2780 | |
Vaalbarium | 3490 -3020 | ||
Paleoargeïkum | 3810 – 3490 | ||
Eoargeïkum | 4000 – 3810 ? | ||
Hadeïkum | Neohadeïkum | Prometium | vroeër |
Die klimaat van die Argeïkum is steeds 'n omstrede saak. Die Pongolium is die eerste periode waarin dalk glasiasie plaasgevind het, maar dit is ook omstrede. Die periode is vernoem na die Suid-Afrikaanse dorp Pongola. Daar is gegewens uit die Pongola- en Witwatersrandbekkens van Suid-Afrika en die Brooklands-formasie van die Belingwe groensteengordel van Zimbabwe wat geïnterpreteer kan word as aanwysings van 'n ystydperk omtrent 2,9 Ga gelede, maar ander interpretasies is ook moontlik. Daar is kerogene van 2,7 Ga wat 'n baie lae δ13C-waarde besit. Dit wys dalk dat metanogene en metantotrofe organismes reeds 'n belangrike kweekhuisgas, metaan, vrygestel het terwyl die atmosfeer reeds baie koolstofdioksied bevat het. Die son het nogtans minder sterk geskyn. Metaan word vandag in die atmosfeer vinnig geoksideer, maar in die Argeïese atmosfeer was sy halfleeftyd omtrent 1000 keer langer. Daar is ook veranderings in die isotoopverhoudings van swawel. Voor hierdie tydperk vertoon hulle sogenaamde massa-onahanklike fraksionering, maar in hierdie tyd hou dit op. Die presiese betekenis hiervan is nie heeltemal duidelik nie.[3]
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.