From Wikipedia, the free encyclopedia
Vors Pjotr Alexejewitsj Kropotkin (Russies: Пётр Алексеевич Кропоткин, wetenskaplike transliterasie Pëtr Alekseevič Kropotkin; * 9 Desember 1842 in Moskou; † 8 Februarie 1921 in Dmitrof) was 'n Russiese anargis, geograaf, ekonoom, dierkundige en skrywer.
Pjotr Kropotkin | |
Kropotkin, foto geneem deur Nadar omstreeks 1900 | |
Geboortenaam | Pjotr Alexejewitsj Kropotkin |
---|---|
Gebore | 9 Desember 1842 Moskou, Russiese Ryk |
Oorlede | 8 Februarie 1921 (op 78) Dmitrof, Sowjetunie |
Vakgebied | owerheid, samewerking, politiek, rewolusie, arbeid, Ekonomie, Landbou, evolusie, Aardrykskunde, literatuur, Wetenskap, filosofie, etiek |
Beïnvloed deur | Marx, Engels, Proudhon, Bakunin, Darwin |
Invloed op | Berkman, Malatesta, Wilde, Tolstoi, Kafka, Makhno, Rocker, Kōtoku, Brown, Ward, Galleani, Goldman, Woodcock, Bookchin, Black, Chomsky, Gould |
Handtekening |
Vanweë sy adellike afkoms en bekendheid as laat 19de eeuse en vroeë 20ste eeuse anargistiese kommunis is na Kropotkin ook as "die anargistiese vors" verwys. Sy groot aantal publikasies sluit onder meer die rewolusionêre werk "Die verowering van die brood"[1] en sy wetenskaplike studie "Onderlinge hulp in die diere- en mensewêreld", wat hy as 'n beslissende faktor van evolusionêre ontwikkeling beskou het, in.
Kropotkin het gestry vir 'n samelewing wat vry sou wees van geweld en heerskappy, dus sonder 'n sentrale regering, wat op vrywillige verenigings van werkers sou berus. Hy word as een van die invloedrykste teoretici van kommunistiese anargisme beskou.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.