![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/8a/ISS017-E-6869pilanesberg.jpg/640px-ISS017-E-6869pilanesberg.jpg&w=640&q=50)
Pilanesberg
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Pilanesberg (voorheen Pilandsberg[1][2]) is 'n berg in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika. Die berg is 'n antieke vulkaniese struktuur, rond in vorm, wat oprys bokant plat omliggende vlaktes. Dit word gevorm deur drie konsentriese ringe of rantheuwels, waarvan die buitenste 'n deursnee van ongeveer 24 km het.
Kitsfeite
Pilanesberg | |
---|---|
Ligging | Noordwes, Suid-Afrika |
Hoogte | 1687 meter bo seevlak |
Reeks | Witwatersrand |
Koördinate | 25°14′25″S 27°4′33″O |
Bergtipe | Uitgewerkte vulkaan |
Rotsouderdom | Proterosoïes |
Sluit
Die Pilanesberg is 100 km noordwes van Pretoria geleë en sy grootste deel is ingesluit in 'n beskermde gebied bekend as die Pilanesbergwildreservaat. Die Elandsrivier vloei suid verby die Pilanesberg in 'n oostelike rigting. Daar is 'n aantal platinummyne reg op die rand van die kraterformasie geleë. Die naam "Pilanes" kom van 'n historiese Tswana-kaptein, genaamd Pilane.[3]