Die Elandsrivier[1] is 'n takrivier van die Krokodilrivier in Noordwes in Suid-Afrika. Dit vloei in die opvanggebied van die Limpoporivier.
- Hierdie artikel handel spesifiek oor die Elandsrivier wat in Noordwes vloei. Vir ander riviere met dieselfde naam, sien Elandsrivier (meersinnig)
Elandsrivier | |
---|---|
Stroomgebied | Noordwes, Suid-Afrika |
Monding | 5 km onder Vaalkopdam |
Monding-hoogte | 975 m |
Koördinate: 25°18′27″S 27°28′28″O |
Die Elandsrivier se oorsprong is wes van Koster in Noordwes, en loop noordwaarts deur die dorp Swartruggens in die Lindleyspoortdam in. 'n Paar kilometer stroomaf van die damwal, swenk dit ooswaarts van Silwerkrans en vloei vir etlike kilometer in 'n oos-noordoostelike rigting deur die veld. Verder oos vloei dit reg suid van die Pilanesberg, skaars 1,5 km van die buitenste omtrek van die antieke kraterformasie af.
Die Elands vloei hierna ooswaarts tot in die Vaalkopdam. Uiteindelik ongeveer 5 km stroomaf van die dam, sluit dit by die Krokodilrivier se linkeroewer aan. Die belangrikste sytakke van die Elands is die Kosterrivier, Selonsrivier en Hexrivier, met laasgenoemde wat by sy regteroewer by die Vaalkopreservoir aansluit.
- 5 km stroomaf van die Vaalkopdam by 25.28792°S 27.51911°O
Daar is bedrywige platinummynbou, insluitend vir verwante elemente soos palladium, rodium, ruthenium, iridium en osmium, in die Elandsrivierkom, sowel as die goud, nikkel en koper wat in die erts teenwoordig is. Die enigste groot stad in die omgewing is Rustenburg. Sun City is tussen die Elandsrivier en die Pilanesberg geleë.
- Brakspruit naby Swartruggens
- Hexrivier naby Rustenburg
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.