![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a7/Milky_Way_Arms_ssc2008-10.svg/langaf-640px-Milky_Way_Arms_ssc2008-10.svg.png&w=640&q=50)
Perseus-arm
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Perseus-arm is een van die twee groot spiraalarms van die Melkweg. Die ander een is die Scutum–Centaurus-arm. Die Melkweg is ’n staafsterrestelsel met twee groot en ’n paar kleiner[1] strome uitgespreide sterre, gas en stof wat vanaf die lang staaf in die middel na buite kronkel.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a7/Milky_Way_Arms_ssc2008-10.svg/320px-Milky_Way_Arms_ssc2008-10.svg.png)
Die Perseus-arm lê tussen die klein Cygnus-arm en Carina-Sagittarius-arm.[1] Dit is so genoem vanweë sy ligging na aan die sterrebeeld Perseus. Daar word gespekuleer dat die Orion-Cygnus-arm, wat die sonnestelsel en die Aarde insluit, in die Perseus-arm geleë is,[1] maar dit is nog nie bevestig nie.
Die Perseus-arm bevat ’n paar Messier-voorwerpe:
- Die Krap-newel (M1)
- Die oop sterreswerms