Die Scutum-Centaurus-arm (ook bekend as die Scutum-Crux-arm) is ’n lang, uitgespreide krom stroom sterre, gas en stof wat vanaf die lang staaf van die Melkweg na buite kronkel. Omdat die Melkweg ’n staafsterrestelsel is, is die stroom sterre bekend as ’n spiraalarm. Dit is een van twee groot spiraalarms en lê tussen die klein Carina-Sagittarius-arm en die Perseus-arm, die ander groot arm. Die Scutum-Centaurus-arm begin naby die kern as die "Scutum-arm" en draai dan stelselmatig in die "Centaurus-arm".[1]
Die streek waar die arm met die staaf in verbinding kom, is ryk aan stervormingsgebiede. In 2006 is ’n groot sterreswerm met nuwe sterre wat 14 rooi superreuse bevat het, daar ontdek en RSGC1 genoem. In 2007 is ’n swerm van sowat 50 000 nuwe sterre met die naam RSGC2 net ’n paar honderd ligjare van daar af ontdek; daar word geglo dit is jonger as 20 miljoen jaar en bevat 26 rooi superreuse, die grootste groep van sulke sterre bekend.[2] Ander swerms in hierdie gebied sluit in RSGC3 en Alicante 8.[3]
Verwysings
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.