sterrebeeld From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Oond (Latyn: Fornax) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit is in 1756 deur die sterrekundige Nicolas-Louis de Lacaille voorgestel. Hy het dit oorspronklik Fornax Chemica ("chemiese oond") genoem, maar dit is later verkort.
Oond | ||||
Latynse naam | Fornax | |||
Genitief | Fornacis | |||
Afkorting | For | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 3h | |||
Deklinasie | -30º | |||
Grootte | 398 vk. grade (41ste) | |||
Kwadrant | SQ1 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 2 | |||
Helderste ster | Alpha Fornacis (α For) | |||
Naaste ster | LP 944-20 | |||
Sterre helderder as 3 m | 0 | |||
Sterre met planete | 6 | |||
Messier-voorwerpe | 0 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 27 | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Walvis, Beeldhouer, Feniks, Eridanus | ||||
|
Die Oond bevat die verste deel van die heelal wat nog gefotografeer is, die Hubble- Ultradiep Veld, en die Fornax-swerm, ’n klein swerm sterrestelsels, asook tientalle ultra-kompakte dwergsterrestelsels (van sowat 120 ligjare breed.[1])
Die sterrestelsel UDFj-39546284 is die verste bekende ruimtevoorwerp van die Aarde af (in Januarie 2011). Dit is met behulp van die Hubble-UDV-foto opgespoor.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.