Nigerië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Nigerië (Engels: Nigeria, [naɪˈdʒɪəriə], luister (hulp·inligting); Hausa: Nijeriya; Igbo: Naijiria; Joroeba: Nàìjíríà), amptelik die Federale Republiek Nigerië (Engels: Federal Republic of Nigeria; Hausa: Jamhuriyar Taraiyar Najeriya; Igbo: Ọ̀hàńjíkọ̀ Ọ̀hànézè Naìjíríyà; Joroeba: Orílẹ̀-èdè Olómìniira Àpapọ̀ Nàìjíríà), is 'n federale presidensiële grondwetlike republiek geleë in Wes-Afrika, aangrensend aan Benin in die weste, Tsjad en Kameroen in die ooste, en Niger in die noorde. Sy kus is in die suide aan die Golf van Guinee in die Atlantiese Oseaan geleë. Die land bestaan uit 36 deelstate en die federale hoofkwartier is in die streek van die hoofstad, Abuja. Nigerië is amptelik 'n sekulêre land.[6]
| |||||
Nasionale leuse: Unity and Faith, Peace and Progress (Engels vir: "Eenheid en vertroue, vrede en vooruitgang") | |||||
Volkslied: Arise, O Compatriots (Engels vir: "Staan op, o landgenote") | |||||
Hoofstad | Abuja | ||||
Grootste stad | Lagos | ||||
Amptelike tale | Engels Nasionale tale: Hausa, Igbo en Joroeba[1] | ||||
Regering | Federale presidensiële grondwetlike republiek Bola Tinubu Kashim Shettima | ||||
Onafhanklikheid • Noord-Nigeriese protektoraat • Suid-Nigeriese protektoraat • Vereniging van Suid- en Noord-Nigerië • Verklaar en erken • Republiek • Huidige grondwet |
van die Verenigde Koninkryk 1 Januarie 1900 1 Januarie 1900 1 Januarie 1914 1 Oktober 1960 1 Oktober 1963 29 Mei 1999 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
923 769 km2 (31ste) 356 669 myl2 1,4 | ||||
Bevolking - 2023-skatting - 2006-sensus - Digtheid |
230 842 743[2] (7de) 140 431 790 218 / km2 (42ste) 564,6 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,535[4] (163ste) – laag | ||||
Gini (2018) | 35,1[5] – hoog | ||||
Geldeenheid | Naira (₦) (NGN ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
WAT (UTC+1) nie toegepas nie (UTC+1) | ||||
Internet-TLD | .ng | ||||
Skakelkode | +234 |
Die hedendaagse Nigerië het 'n geskiedenis van talle koninkryke en stamstate wat deur die millennia gekom en gegaan het. Die moderne land se oorsprong kom uit die Britse koloniale bewind van die 19de eeu, en die samesmelting van die Noord- en Suid-Nigeriese protektorate in 1914. Die Britte het administratiewe en wetlike strukture gevestig en die gebied onregstreeks deur kapteinskappe beheer. Nigerië het in 1960 'n formele onafhanklike federasie geword, en was daarna, vanaf 1967 tot 1970, in 'n burgeroorlog gedompel. Sedertdien het die regerings gereeld tussen demokraties verkose regerings en militêre diktature gewissel, totdat dit in 1999 'n stabiele demokrasie gekry het. Die presidensiële verkiesing in 2011 word as die redelikste vry en regverdige verkiesing tot dusver beskou.[7]
Daar word dikwels na Nigerië as die "Reus van Afrika" verwys, oor sy groot bevolking en ekonomie.[8] Met 'n bevolking van sowat 205 miljoen is Nigerië die digsbevolkte land in Afrika en die sewende digsbevolkte land in die wêreld – volgens die lys van lande volgens bevolking. Nigerië het ook die jongste bevolking in die wêreld.[9][10] Die land word ook as 'n multinasionale land gereken, met sy meer as 500 etniese groepe, waarvan die drie grootste, die Hausa, Igbo en die Joroeba is. Die etniese groepe praat 500 verskillende tale, en word met 'n wye verskeidenheid van kulture vereenselwig.[11][12] Die amptelike taal is Engels, terwyl Hausa, Igbo en Joroeba as nasionale tale erken word en in die parlement gebruik mag word. Nigerië word rofweg verdeel in die helfte wat Christene is, wat merendeels in die suide van die land bly, en Moslems in die noordelike streke. 'n Minderheid van die bevolking bedryf inheemse gelowe, soos die Igbo- en die Joroeba-boorlinge.
Nigerië is sedert 2015 die wêreld se 20ste grootste ekonomie. Dit het Suid-Afrika in 2014 verbygesteek om Afrika se grootste ekonomie te word.[13][14] Nigerië word deur die Wêreldbank as 'n ontluikende mark beskou;[15] Dit is geïdentifiseer as 'n streeksmag op die Afrikakontinent,[16][17][18] 'n middelmag in internasionale aangeleenthede,[19][20][21][22] en is ook geïdentifiseer as 'n ontluikende wêreldmag.[23][24][25] Dit word ook gelys as een van die "Volgende Elf" ekonomiese magte wat op die punt staan om een van die magtigste in die wêreld te word. Nigerië is 'n lidland van die Afrika-unie, Britse Statebond, Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrika-state, OPUL, Organisasie van Islamitiese Samewerking en die Verenigde Nasies.
Die noordooste van die land is sedert 2002 deur sektariese geweld van Boko Haram, 'n Islamitiese beweging, geteister wat daarop aandring dat die sekulêre stelsel afgeskaf en met sjaria-gebruike vervang word.[26][27] President Goodluck Jonathan het in Mei 2014 gesê dat Boko Haram minstens 12 000 mense doodgemaak en sowat 8 000 vermink het.[28] Terselfdertyd het die buurstate van Benin, Tsjad, Kameroen en Niger met Nigerië saamgespan in die stryd, nadat 276 skoolmeisies deur die groep ontvoer is en die aanvalle na al die aangrensende lande uitgebrei het.[29]
Naas Hollywood (Verenigde State) en Bollywood (Indië) het Nigerië (Nollywood) die grootste filmbedryf ter wêreld. Bekende akteurs sluit in Genevieve Nnaji, Kate Henshaw-Nuttal en Richard Mofe Damijo. Things Fall Apart deur Chinua Achebe Afrika se gewildste en mees verkoopte literêre stuk ooit, vertaal in meer as 40 tale regoor Afrika en die wêreld.[30]