Nicolaas Johannes Diederichs
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Nicolaas Johannes Diederichs (17 November 1903, Ladybrand, Oranjerivierkolonie – 21 Augustus 1978, Kaapstad) was ’n Suid-Afrikaanse akademikus en politikus en die derde Staatspresident van Suid-Afrika.
Nic Diederichs | |
Dr. Nicolaas Diederichs in 1953, toe hy LV vir Randfontein was | |
Ampstermyn 19 April 1975 – 21 Augustus 1978 | |
Eerste minister | John Vorster |
---|---|
Voorafgegaan deur | Jim Fouché |
Opgevolg deur | Marais Viljoen (wnd.) |
6de Leier van die Volksraad | |
Ampstermyn 1974 – 1975 | |
Voorafgegaan deur | Ben Schoeman |
Opgevolg deur | P.W. Botha |
Minister van Finansies | |
Ampstermyn 24 Februarie 1967 – Februarie 1975 | |
Eerste minister | John Vorster |
Voorafgegaan deur | Eben Dönges |
Opgevolg deur | Owen Horwood |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 17 November 1903 Ladybrand, Oranjerivierkolonie |
Sterf | 21 Augustus 1978 (op 74) Kaapstad, Suid-Afrika |
Politieke party | Nasionale Party |
Religie | Nederduitse Gereformeerde Kerk |
Diederichs studeer aan die Grey-kollege in Bloemfontein en daarna aan die universiteite van München, Keulen en Leiden. Hy sluit hom aan by die personeel van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat en skryf breedvoerig, veral oor sy belangstelling in die ekonomiese heropbou van Afrikaners. Hy word hoof van die Reddingsdaadbond, voorsitter van die Ekonomiese Instituut van die FAK en van die Desimale Muntkommissie.
Hy sluit by die Nasionale Party aan en word tot die parlement verkies vir Randfontein (1948), later Losberg (1958) en uiteindelik Overvaal (1974).
Hy is van 1958 tot 1967 minister van ekonomiese sake en van 1961 - 1964 ook minister van mynbou. As minister van finansies (1967-1975) speel hy 'n leidende rol in die kabinet.
Van 19 April 1975 tot met sy dood op 21 Augustus 1978 in Kaapstad beklee hy die amp van staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika. Marais Viljoen tree na sy afsterwe op as waarnemende Staatspresident en hy word uiteindelik opgevolg deur John Vorster.
Voorafgegaan deur Jim Fouché |
Staatspresident van Suid-Afrika 1975–1978 |
Opgevolg deur Marais Viljoen (wnd.) |
Voorafgegaan deur Eben Dönges |
Minister van Finansies Februarie 1967–Februarie 1975 |
Opgevolg deur Owen Horwood |
Presidente van Suid-Afrika | ||
1961–1994 | seremonieel: Charles Robberts Swart | Jozua François Naudé (waarnemend) | Jacobus Johannes Fouché | Nicolaas Johannes Diederichs | Marais Viljoen (waarnemend) | John Vorster | Marais Viljoen | uitvoerend: Pieter Willem Botha | Frederik Willem de Klerk | |
1994– | Nelson Mandela | Thabo Mbeki | Kgalema Motlanthe | Jacob Zuma | Cyril Ramaphosa |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.