Nicolaas Johannes Diederichs (17 November 1903, Ladybrand, Oranjerivierkolonie21 Augustus 1978, Kaapstad) was ’n Suid-Afrikaanse akademikus en politikus en die derde Staatspresident van Suid-Afrika.

Kitsfeite Eerste minister, Voorafgegaan deur ...
Nic Diederichs
Thumb
Dr. Nicolaas Diederichs in 1953, toe hy LV vir Randfontein was

Ampstermyn
19 April 1975  21 Augustus 1978
Eerste minister John Vorster
Voorafgegaan deur Jim Fouché
Opgevolg deur Marais Viljoen (wnd.)

6de Leier van die Volksraad
Ampstermyn
1974  1975
Voorafgegaan deur Ben Schoeman
Opgevolg deur P.W. Botha

Minister van Finansies
Ampstermyn
24 Februarie 1967  Februarie 1975
Eerste minister John Vorster
Voorafgegaan deur Eben Dönges
Opgevolg deur Owen Horwood

Persoonlike besonderhede
Gebore 17 November 1903
Ladybrand, Oranjerivierkolonie
Sterf 21 Augustus 1978 (op 74)
Kaapstad, Suid-Afrika
Politieke party Nasionale Party
Religie Nederduitse Gereformeerde Kerk
Sluit

Diederichs studeer aan die Grey-kollege in Bloemfontein en daarna aan die universiteite van München, Keulen en Leiden. Hy sluit hom aan by die personeel van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat en skryf breedvoerig, veral oor sy belangstelling in die ekonomiese heropbou van Afrikaners. Hy word hoof van die Reddingsdaadbond, voorsitter van die Ekonomiese Instituut van die FAK en van die Desimale Muntkommissie.

Hy sluit by die Nasionale Party aan en word tot die parlement verkies vir Randfontein (1948), later Losberg (1958) en uiteindelik Overvaal (1974).

Hy is van 1958 tot 1967 minister van ekonomiese sake en van 1961 - 1964 ook minister van mynbou. As minister van finansies (1967-1975) speel hy 'n leidende rol in die kabinet.

Van 19 April 1975 tot met sy dood op 21 Augustus 1978 in Kaapstad beklee hy die amp van staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika. Marais Viljoen tree na sy afsterwe op as waarnemende Staatspresident en hy word uiteindelik opgevolg deur John Vorster.

Publikasies

  • Nicolaas Diederichs: Vom Leiden und Dulden. Bonn, 1930. (Proefschrift Universiteit Leiden)
  • N. Diederichs: Die Volkebond, sy ontstaan, samestelling en werksaamhede. Pretoria, 1933
  • N. Diederichs: Nasionalisme as lewensbeskouing en sy verhouding tot internasionalisme. Bloemfontein, 1936

Bron

  • Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.



Voorafgegaan deur
Jim Fouché
Staatspresident van Suid-Afrika
19751978
Opgevolg deur
Marais Viljoen (wnd.)
Voorafgegaan deur
Eben Dönges
Minister van Finansies
Februarie 1967Februarie 1975
Opgevolg deur
Owen Horwood
Presidente van Suid-Afrika
 1961–1994  seremonieel: Charles Robberts Swart | Jozua François Naudé (waarnemend) | Jacobus Johannes Fouché | Nicolaas Johannes Diederichs | Marais Viljoen (waarnemend) | John Vorster | Marais Viljoen | uitvoerend: Pieter Willem Botha | Frederik Willem de Klerk
 1994  Nelson Mandela | Thabo Mbeki | Kgalema Motlanthe | Jacob Zuma | Cyril Ramaphosa

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.