Die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit is een van die agt metropolitaanse munisipaliteite in Suid-Afrika.

Suid-Afrika Nelson Mandelabaai
Kaart van Suid-Afrika wat Nelson Mandelabaai in Oos-Kaap aandui
Provinsie Oos-Kaap
Tipe Metropolitaanse Munisipaliteit
Munisipale kode NMA
Plaaslike munisipaliteite Geen
Hoofstad Gqeberha (voorheen Port Elizabeth)
Burgemeester Retief Odendaal (DA)
Grootste tale Xhosa, Afrikaans, Engels
Oppervlakte 1 959 km²
Bevolking 1 152 115 (2011)
Geografiese verspreiding van huistale in die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit:

 Afrikaans

 Engels

 Xhosa


 Geen meerderheidstaal

Geografiese verspreiding van etniese groepe in die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit:

 Geen dominante nie

 Geen bevolking nie

Die naam is gekies om die eertydse president Nelson Mandela te vereer, ten spyte van die feit dat daar nie 'n geografiese kenmerk in die gebied met hierdie naam is nie.

Hoofgebiede

Die sensus van 2001 verdeel die munisipaliteit in die volgende gebiede:[1]

Meer inligting Plek, Kode ...
PlekKodeArea (km2)BevolkingDominante taal
Beachview275010.78500Afrikaans
Bethelsdorp2750277.64134,617Afrikaans
Blue Horizon Bay275032.74409Afrikaans
Cannonvale275040.69196Afrikaans
Colchester275051.28743Afrikaans
Despatch2750638.7525,086Afrikaans
Gqeberha275071.9016,686Xhosa
Ibhayi2750823.69255,826Xhosa
Kabah275091.683,282Afrikaans
Khaya Mnandi275100.825,379Xhosa
Kwa Langa275110.708,196Xhosa
Kwadwesi275125.1017,733Xhosa
KwaNobuhle2751315.3487,585Xhosa
Motherwell2751429.52117,319Xhosa
Port Elizabeth27516335.30237,500Afrikaans
Seaview275171.60732Engels
Uitenhage2751884.7771,666Afrikaans
Woodridge275190.56270Xhosa
Young Park275200.52762Afrikaans
Res van die munisipaliteit275151,328.7721,281Xhosa
Sluit

Munisipale verkiesings

Ná die munisipale verkiesing van 2011 het die ANC 63 uit die 120 setels in die raad beheer. Die Demokratiese Alliansie was die amptelike opposisie met 48, terwyl COPE ses en die ACDP, PAC en UDM een setel elk het. In dié verkiesing het die ANC 377 138 stemme op hom verenig, vergeleke met die DA se 291 571, uit 'n totaal van 723 740. Die ANC het 34 wyke gewen en die DA 26, die enigste twee partye wat wyke kon wen.

munisipale verkiesing op 3 Augustus 2016 het die Demokratiese Alliansie as die grootste party uit die stryd getree, hoewel hy met 355 471 van die 753 895 uitgebragte stemme nie 'n volstrekte meerderheid kon behaal nie. Die ANC het 311 416 stemme gekry, terwyl die EFF die derde grootste party met 38 951 stemme was. Dié uitslag het aan die DA 57 setels besorg, aan die ANC 50 en aan die EFF vyf in 'n raad met 120 setels. Drie tradisionele alliansievennote van die DA – die UDM (2), ACDP (1) en COPE (1) – kon saam sorg vir 'n totaal van 61 setels, vergeleke met die ander partye se 59. Hierdie keer kon die ANC 36 wyke wen, die DA 23 en die EFF een, nadat die ANC-kandidaat onttrek het. Athol Trollip is op 18 Augustus 2016 onbestrede as burgemeester gekies nadat die ANC nie aan die stemmery wou deelneem nie en die DA 'n ooreenkoms met die UDM en ACDP aangegaan het. Mongameli Bobani (UDM) is as onderburgemeester gekies en Jonathan Lawack (DA) as speaker. Trollip en Lawack is op 27 Augustus 2018 uit hul poste verwyder en met onderskeidelik Bobani en Buyelwa Mafaya (ANC) vervang.[2] Bobani is op 5 Desember 2019 self uit die amp verwyder, nadat hy vroeër vyf mosies van wantroue oorstaan het.[3] Op 4 Desember 2020 is Nqaba Bhanga van die Demokratiese Alliansie as nuwe burgemeester verkies.[4]

Ná die munisipale verkiesing van 2021 het die ANC en die Demokratiese Alliansie beide 48 setels beheer, en Eugene Johnson van die ANC is op 22 November 2021 as burgemeester ingehuldig.

Tydens 'n raadsvergadering op 21 September 2022, is me. Johnson uitgestem as burgemeester en opgevolg deur die DA se Retief Odendaal.[5]

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.