NG gemeente Otjiwarongo
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die NG gemeente Otjiwarongo, vroeër die gemeente Moria, is die naasoudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Namibië en die moedergemeente, regstreeks of onregstreeks, van al die gemeentes noord en wes van die Namibiese hoofstad, Windhoek.[1] Die oudste gemeente in die land, NG gemeente Mariental, is in 1898 gestig en op sy beurt die moedergemeente van al die gemeentes suid van Windhoek, die NG gemeente Windhoek ingesluit[2]