![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/a/ac/NG_kerk_Klipplaat_1.jpg/640px-NG_kerk_Klipplaat_1.jpg&w=640&q=50)
NG gemeente Klipplaat
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die NG gemeente Klipplaat is amptelik die kleinste gemeente in die Nederduitse Gereformeerde Kerk se Sinode van Oos-Kaapland wat teen 2013 al jare lank vakant was en eintlik nog net in naam bestaan het, soos ook die geval was met die gemeente Waterford, eweneens in die Ring van Graaff-Reinet.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/a/ac/NG_kerk_Klipplaat_1.jpg/640px-NG_kerk_Klipplaat_1.jpg)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/f/ff/Ds_GR_van_Rooyen_en_gesin.jpg/640px-Ds_GR_van_Rooyen_en_gesin.jpg)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/7/73/Ds_JJ_Badenhorst.jpg/320px-Ds_JJ_Badenhorst.jpg)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/d/d2/Ds_VO_Nel.jpg/320px-Ds_VO_Nel.jpg)
Die jaar 1944 was 'n besonderse vrugbare jaar vir die stigting van gemeentes in die destydse Kaapse Kerk, wat mettertyd sou verdeel in die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland, Oos-Kaapland, Noord-Kaapland en Namibië, want in dié jaar is nege gemeentes gestig: Gamtoosvallei, Kruispad (later genoem Brackenfell), Klipplaat, Tzitzikamma (later gespel Tsitsikamma), Tafelberg, Grootfontein, Gansbaai, Leonard sowel as Naauwpoort (later gespel Noupoort).
Die eerste poging tot afstigting van die gemeente Klipplaat is al die vorige jaar aangewend, maar dit het skipbreuk gelei. Die ywerige ou vader J.C. Els van Mavis Bank het egter dadelik weer met aanvoorwerk begin en ná verskeie ongeslaagde onderhoude met mnr. W.A. van Wyk, skoolhoof, asook mnr. H.J.J. Koen en ander belangstellendes, is 'n wyksvergadering gehou waarop 'n kommissie gekies is om die moontlikheid van afstigting na te gaan.