Die NG gemeente Kestell is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk se Vrystaatse Sinode en wel in die Ring van Bethlehem, waarin dit die oudste gemeente is ná die inlywing van die gemeente Bethlehem by Bethlehem-Wes.
Ds. E.J.P. Smit, van 1906 tot 1941 Kestell se eerste NG predikant. Dit was sy enigste gemeente.
Die NG kerk Kestell, ontwerp deur Gerard Moerdijk. Ds. E.J.P. Smit het die hoeksteen op 9 Oktober 1926 gelê. Dis 'n nasionale gedenkwaardigheid.
Ds. P.D. Lückhoff is op 4 Februarie 1950 bevestig as die gemeente se derde leraar. Hy het in 1959 na Taaibosspruit vertrek.
Die ou NG kerk op Kestell wat as kerksaal gebruik is nadat die nuwe kerk in 1928 ingewy is.
Ds. W.K. Troskie, leraar van 1960 tot 1963.