Die NG gemeente Colesberg, met die Noord-Kaapse dorp Colesberg as middelpunt, is die 18de oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, maar weens die sinodale grense wat verskil van die provinsiale, die vyfde oudste in die Sinode van Oos-Kaapland. Op 10 Desember 2011 was die gemeente reeds 185 jaar oud. In 2015 het die gemeente 90 doop- en 458 belydende lidmate gehad.