From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Moskovium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede in onderskeidelik die sisteem en periode Karboon (epog/serie Pennsylvanium). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Periode/ sisteem |
Epog/ serie |
Tydsnede/ etage |
M. jaar gelede | ||
---|---|---|---|---|---|
Perm | Sisuralium | Asselium | jonger | ||
Karboon | Pennsylvanium | Gzhelium | 298,9–303,7 | ||
Kasimovium | 303,7–307,0 | ||||
Moskovium | 307,0–315,2 | ||||
Bashkirium | 315,2–323,2 | ||||
Mississippium | Serpukhovium | 323,2–330,9 | |||
Viséum | 330,9–346,7 | ||||
Tournaisium | 346,7–358,9 | ||||
Devoon | Laat | Famennium | ouer | ||
Die verdeling van die Karboon (IKS). |
Die Moskovium was van sowat 315,2 tot 307,0 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die etage/tydsnede Bashkirium en gevolg deur die Kasimovium.
Die etage is genoem na die Russiese hoofstad, Moskou. Die basis van die Moskovium word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Conodonta Declinognathodus donetzianus en Idiognathoides postsulcatus[2] of die Fusulinida Aljutovella aljutovica,[3] en die bokant deur die sone van die Fusulinida Obsoletes obsoletes en Protriticites pseudomontiparus of deur die eerste voorkoms van die ammonietgeslag Parashumardites.
Die tipeligging van die basis is nog nie vasgestel nie.
In die biostratigrafie word die etage met behulp van Conodonta ingedeel in die volgende vyf biosones:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.