From Wikipedia, the free encyclopedia
Miranda, ook bekend as Uranus V, is die kleinste en binneste van Uranus se vyf ronde mane. Dit is op 16 Februarie 1948 deur Gerard Kuiper ontdek en genoem na Miranda in William Shakespeare se toneelstuk The Tempest.[5] Nes die ander groot mane van Uranus wentel Miranda naby aan die planeet se ewenaarvlak. Omdat Uranus op sy sy om die Son wentel, is Miranda se wentelbaan loodreg met die sonnebaan.
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Gerard Kuiper |
Datum | 16 Februarie 1948 |
Alternatiewe name | Uranus V |
Wentelbaaneienskappe | |
Halwe lengteas | 129 390 km |
Eksentrisiteit | 0,0013 |
Wentelperiode | 1,413479 d |
Gem. omwentelingspoed | 6,66 km/s |
Inklinasie | 4,232 ° (tot Uranus se ewenaar) |
Satelliet van | Uranus |
Fisiese eienskappe
| |
Afmetings | 480 × 468,4 × 465,8 km |
Gem. radius | 235,8±0,7 km (0,03697 R🜨)[1] |
Oppervlakte | 700 000 km2 |
Volume | 54 835 000 km3 |
Massa | 6,4±0,3×1019 kg[2] |
Gem. digtheid | 1,20±0,15 g/cm3[3] |
Oppervlak- aantrekkingskrag | 0,079 m/s2 |
Ontsnapping- snelheid | 0,193 km/s |
Rotasieperiode | Sinchronies |
Aksiale neiging | 0° |
Skynmagnitude | 15,8[4] |
Met ’n deursnee van net 470 km is Miranda een van die kleinste bekende voorwerpe in die Sonnestelsel wat dalk in hidrostatiese ewewig (deur sy swaartekrag rond gedruk) is. Die enigste nabyskote van Miranda is geneem deur die Voyager 2-ruimtetuig, wat Uranus in Januarie 1986 tydens sy verbyvlug waargeneem het. Tydens die verbyvlug was Miranda se suidelike halfrond na die Son gedraai, en net dié deel is dus bestudeer.
Miranda het moontlik uit ’n akkresieskyf gevorm wat die planeet kort ná sy ontstaan omring het en dit is nes ander mane waarskynlik gedifferensieerd: met ’n kern van rots, omring deur ’n mantel van ys. Miranda het een van die mees ekstreme en gevarieerde topgrafieë in die Sonnestelsel. Dit sluit in Verona Rupes, ’n 20 km hoë eskarp wat die hoogste krans in die Sonnestelsel is.[6][7] Die oorsprong en evolusie van hierdie gevarieerde geologie word steeds nie heeltemal verstaan nie en baie hipoteses bestaan oor Miranda se evolusie.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.