From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Mantel in geologie is die laag binne-in 'n planetêre liggaam, tussen die kors en die kern. Mantels bestaan uit rots of vlugtige yse en is gewoonlik die grootste en swaarste deel van die liggaam. Mantels is kenmerkend van planetêre liggame wat differensiasie ondergaan het deur digtheid. In die Sonnestelsel het al die aardplanete (insluitende die Aarde), 'n paar asteroïdes en sommige natuurlike satelliete mantels.
Die Aarde se mantel is 'n laag silikaatrots tussen die aardkors en die buitekern. Sy massa van 4,01 × 1024 kg is sowat 67% van die Aarde se massa.[1]
Die mantel is 2 900 km dik[1] en maak dus sowat 84% van die Aarde se volume uit. Dit is hoofsaaklik solied, maar tree in geologiese tyd op soos 'n taai vloeistof. Gedeeltelike smelting van die mantel by mid-oseaanriwwe produseer oseaniese kors, en die gedeeltelike smelting van die mantel by subduksiesones produseer kontinentale kors.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.