![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7c/Phot-33c-03-fullres.jpg/640px-Phot-33c-03-fullres.jpg&w=640&q=50)
Messier 66
From Wikipedia, the free encyclopedia
Messier 66 of M66 (ook bekend as NGC 3627 en Arp 16) is ’n oorgang-spiraalsterrestelsel sowat 36 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Leeu. Dit is in 1780 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/55/Anttlerstrio.jpg/640px-Anttlerstrio.jpg)
Kitsfeite
Messier 66 | ||||
![]() | ||||
Soort stelsel | Oorgang-spiraalsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Leeu | |||
Tipe | SAB(s)b | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 11h 20m 15s | |||
Deklinasie | +12º 59' 30" | |||
Skynmagnitude | 8,9 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 36 miljoen | |||
Skynbare grootte | 9,1 × 4,2 boogminute | |||
Ander name | M66, NGC 3627, UGC 6346, PGC 34695, Arp 16 | |||
|
Sluit
M66 is sowat 95 duisend ligjare breed met opvallende stofbane en helder sterreswerms in sy spiraalarms.[1] Dit vorm saam met Messier 65 en NGC 3628 die bekende Leeu-drieling, ’n klein groep sterrestelsels. Dit het ’n verwronge voorkoms vanweë ’n interaksie met NGC 3628 en in ’n mindere mate M65 sowat 80 miljoen jaar gelede.[1]
Die swaartekrag-interaksie met sy buurstelsels het gelei tot:
- ’n Uiters hoë konsentrasie van sy sentrale massa;
- ’n Groot verhouding tussen molekule- en atoommassa;
- ’n Blok H I-materiaal wat nie saam met die stelsel draai nie en blykbaar uit een van die spiraalarms kom. Dit kan gesien word as ’n baie prominente spiraalarm en stofbaan-strukture, soos aanvanklik genoem in die Atlas of Peculiar Galaxies.[1]