Die Leeu-drietal of M66-groep (Engels: Leo Triplet) is ’n groep sterrestelsels sowat 35 miljoen ligjare van die Aarde af[5] in die sterrebeeld Leeu. Dit bestaan uit die sterrestelsels Messier 65, Messier 66 en NGC 3628.

Kitsfeite Sterrebeeld, Tipe ...
Leeu-drietal
Thumb
Die Leeu-drietal met M65 (regs bo), M66 (regs onder) en NGC 3628 (links). Noord is links.
Sterrebeeld Leeu
Tipe Sterrestelselgroep
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 11h 17m[1][2]
Deklinasie +13° 25′[1][2]
Helderste stelsel M66[1][2]
Aantal stelsels 3-5[1][2][3]
Ander name
M66-groep, Arp 317,[4] LGG 231,[1]
NOGG P1 533,[2] NOGG P2 543[2]
Portaal Portaalicoon Sterrekunde
Sluit

Lede

Die tabel onder lys sterrestelsels wat altyd as groeplede geïdentifiseer word in die Nearby Galaxies Catalog,[3] die Lyons Groups of Galaxies (LGG) Catalog,[1] en die groeplyste wat geskep is uit die Nearby Optical Galaxy-monster van Giuricin et al.[2]

Lys

Meer inligting Naam, Soort ...
Sterrestelsels van die Leeu-drietal
Naam Soort[6] Regte klimming
(J2000)[6]
Deklinasie
(J2000)[6]
Rooiverskuiwing
(km/sekonde)[6]
Skynbare
magnitude
[6]
M65 SAB(rs)a 11h 18m 56.0s +13° 05 32 807 ± 3 10,3
M66 SAB(s)b 11h 20m 15.0s +12° 59 30 727 ± 3 9,7
NGC 3628 SAb pec 11h 20m 17.0s +13° 35 23 843 ± 1 9,4
Sluit

Sommige van die verwysings wat hier bo genoem is, dui aan een of twee nabygeleë sterrestelsels kan ook lede van die groep wees. NGC 3593 word dikwels, maar nie altyd nie, as ’n lid van die groep geïdentifiseer.

Nabygeleë groepe

Die M96-groep lê fisiek naby die Leeu-drietal.[7] Hierdie twee groepe kan in werklikheid twee dele van ’n veel groter groep wees,[7] en sommige algoritmes identifiseer wel die Leeu-drietal as deel van die M96-groep.[2][8]

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.