From Wikipedia, the free encyclopedia
Mehmet VI (Ottomaanse Turks: محمد سادس, moderne Turks: VI. Mehmet Vahideddin; 14 Januarie/2 Februarie 1861 – 15/16 Mei 1926) was van 1918 tot 1922 die 36ste en laaste sultan van die Ottomaanse Ryk.
Mehmet VI | |
---|---|
Sultan van die Ottomaanse Ryk Kalief van Islam | |
Volle naam | Sultan Mehmet VI Wahid ed-din |
Ottomaanse naam | محمد سادس |
Tydperk | 1918–1922 |
Stadium | Ondergang van die Ottomaanse Ryk |
Huis | Osman |
Voorganger | Mehmet V |
Opvolger | Sultanaat afgeskaf Abdülmecid II |
Toegra |
Hy was die seun van sultan Abdülmecid I en die broer van sy voorganger, sultan Mehmet V. Hy het die troon bestyg as die oudste manlike lid van die Huis van Osman nadat die erfgenaam, Abdülaziz se seun Yusuf Izzettin Efendi, in 1916 selfmoord gepleeg het.[1]
Die Eerste Wêreldoorlog het rampspoedige gevolge vir die Ottomaanse Ryk gehad. Britse en Geallieerde magte het Bagdad, Damaskus en Jerusalem verower en die grootste deel van die ryk is deur die Gaillieerdes verdeel. Op 10 Augustus 1920 het Mehmet se verteenwoordigers die Verdrag van Sèvres onderteken wat bogenoemde aksies erken het, asook Ottomaanse beheer oor Anatolië en İzmir beëindig het en so die grootte van die ryk aansienlik verklein het.
Turkse nasionaliste was woedend oor die ondertekening van die verdrag. ’n Nuwe regering, die nasionale vergadering, is op 23 April 1920 onder die leierskap van Mustafa Kemal Atatürk gestig in Ankara, toe bekend as Angora. Die nuwe regering het ’n einde verklaar aan die heerskappy van Mehmet VI en ’n tussentydse grondwet is opgestel.
Op 1 November 1922 het die nasionale vergadering die sultanaat afgeskaf en Mehmet het Konstantinopel op 17 November verlaat. Hy het in ballingskap in Malta gaan woon en later aan die Italiaanse Riviera. Hy is op 16 Mei 1926 in Italië dood.[2]
Sy neef Abdülmecid II is op 19 November 1922 gekies as kalief totdat die Kalifaat in 1924 afgeskaf is.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.