Linmeyer is 'n voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika. Dit is in Johannesburg se F-streek geleë, sowat 7 km suid van die stadsaal. Dit word begrens deur Oakdene in die weste, The Hill in die noorde, onbeboude heuwels in die ooste en die N12 Suidelike Verbypad in die suide.

Kitsfeite Land, Provinsie ...
Linmeyer
Thumb
Linmeyer
Linmeyer
 Linmeyer se ligging in Gauteng
Koördinate: 26°15′43″S 28°4′12″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitStad Johannesburg
Oppervlak
  Totaal1,21 km2 (0,47 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal2 912
  Digtheid2 407/km2 (6 230/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense62.9%
  Indiërs/Asiërs5.7%
  Bruin mense6.2%
  Swart mense23.1%
  Ander2.1%
Taal (2011)
  Engels 64.4%
  Afrikaans 11.9%
  Zoeloe 5.0%
  Xhosa 2.3%
  Ander 16.4%
Skakelkode011
Sluit

Geskiedenis

Die voorstad Linmeyer is aangelê op die plaas Klipriviersberg en op 25 Junie 1947 geproklameer, een van minstens 10 voorstede wat op die plaas gebou is en moontlik die derde jongste, aangesien Roseacre, wat min of meer ewe oud is, langer as 'n maand vantevore geproklameer is, op 14 Mei, maar Elladone (1955) en Unigray (1956), die laaste twee, eers sowat 10 jaar later. Die naam is 'n vervorming van Lynne Meyer, vrou van die eienaar van die plaas Klipriviersberg, Johan George Meyer, waarskynlik die seun van die oorspronklike eienaar, die Volksraadslid J.P. (Jan) Meyer.

Bron

  • (en) Raper, Peter. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.