Labradorsee
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Labradorsee (Deens: Labradorhavet, Engels: Labrador Sea, Frans: Mer du Labrador) is 'n see van die Atlantiese Oseaan tussen Newfoundland en Labrador in die suidweste, Baffin-eiland in die noordweste en Groenland in die noordooste. Die Labradorsee word deur die Hudson-straat tussen Baffin-eiland en Labrador-skiereiland met die Hudsonbaai in die weste en deur die Davis-straat tussen Baffin-eiland en Groenland met die Baffinbaai in die noorde verbind.[1] Die see het 'n oppervlakte van sowat 841 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 1 898 m. Die see is genoem ná die Portugese ontdekkingsreisiger João Fernandes Lavrador, wat die kus van die Labrador-skiereiland in 1497 saam met John Cabot verken het.[2][3]
Labradorsee | |
---|---|
Laat sononder oor die Labradorsee aan die kus van Paamiut, Groenland | |
Kaart van die Labradorsee | |
Koördinate: | 61°N 56°W |
Ligging: | Groenland, Kanada |
Soort: | See van die Atlantiese Oseaan |
Oppervlakte: | 841 000 km² (324 700 myl²) |
Gemiddelde diepte: | 1 898 m (6 227 vt) |
Maksimum diepte: | 4 316 m (14 160 vt) |
Eiland/e: | Baffin-eiland, Groenland |
Nedersettings: | Nuuk |
Die belangrikste nedersetting aan die see is Nuuk (Deens: Godthåb), die hoofstad van Groenland.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.