John Cabot (Italiaans: Giovanni Caboto; Venesiaans: Zuan Chabotto; 1450–1498) was ’n Italiaanse seevaarder en ontdekkingsreisiger wat vir koning Hendrik VII van Engeland gewerk en in 1497 die kus van Noord-Amerika bereik het.[2] Hy het in 1497 vanaf Engeland weswaarts in sy skip, die Matthew, gevaar, en gedink hy het Asië ontdek.[3] Hy het egter Kanada ontdek, wat hy vir koning Hendrik VII opgeëis het.[4] Die presiese plek waar Cabot geland het is nie bekend nie.

Kitsfeite Gebore, Sterf ...
John Cabot
Thumb
Geboreca. 1450
Castiglione Chiavarese, Republiek Genua of Gaeta, Koninkryk Napels
Sterfca. 1498 of 1500
NasionaliteitVenesië
BeroepNavigator en ontdekkingsreisiger
Bekend virEerste Europeër sedert die Noorse kolonisasie om dele van Noord-Amerika se kus te verken
EggenootMattea
KindersLudovico, Sebastian en Sancto[1]
Sluit

Lewensloop

Thumb
Die 'patent' wat Cabot toestemming vir sy reise gee
Thumb
Replika van sy skip, die Matthew

Giovanni Caboto (sy Italiaanse naam) is waarskynlik in 1450 in Genua gebore.[5] Daar is nie veel oor sy vroeë lewe bekend nie, maar sy gesin het toe hy nog jonk was na Venesië getrek. Venesië was 'n groter hawe as Genua, en was destyds die belangrikste hawe in Europa.[5] Daar het hy baie oor seilvaart en die see geleer. Cabot het 'n uitstekende matroos geword. Sy pa was 'n handelaar en het Giovanni (John) alles oor die speseryhandel geleer.

In ongeveer 1482 trou Cabot met 'n jong vrou genaamd Mattea (vroulike vorm van Matthew)[5] Hulle het drie seuns gehad, wat almal saam met hul pa gevaar het.[5] Teen die tyd was hy 'n handelaar wat wyd gereis het.[6] In ongeveer 1490 trek hy en sy familie na die hawe van Bristol in Engeland.

In 1497 vertrek hy van Bristol om vir 'n roete na die weste te soek. Hy het sewe weke oor die Noord-Atlantiese Oseaan gevaar.[7] Sy skip, die Matthew, het 20 man aan boord gehad. Gedurende die reis het hulle enorme hoeveelhede kabeljou gesien.[7] Vissermanne het later gevolg om hierdie ryk visvelde te ontgin.[7]

Cabot het in ongeveer 1499 in Engeland gesterf.[8]

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.