From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Kungurium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede in onderskeidelik die sisteem en periode Perm (epog/serie Sisuralium). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Periode/ sisteem |
Epog/ serie |
Tydsnede/ etage |
M. jaar gelede |
---|---|---|---|
Trias | Vroeg | Indusium | jonger |
Perm | Lopingium | Changhsingium | 252,2–254,1 |
Wuchiapingium | 254,1–259,8 | ||
Guadalupium | Capitanium | 259,8–265,1 | |
Wordium | 265,1–268,8 | ||
Roadium | 268,8–272,3 | ||
Sisuralium | Kungurium | 272,3–283,5 | |
Artinskium | 283,5–290,1 | ||
Sakmarium | 290,1–295,0 | ||
Asselium | 295,0–298,9 | ||
Karboon | Pennsylvanium | Gzhelium | ouer |
Die verdeling van die Perm (IKS). |
Die etage/tydsnede was van sowat 283,5 tot 272,3 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Artinskium en gevolg deur die Roadium.
Die Kungurium is genoem na die Russiese stad Koengoer, suid van die stad Perm. Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Conodonta Neostreptognathus pnevi en Neostreptognathus exculptus, en die bokant deur die eerste voorkoms van die Conodonta Jinogondolella nanginkensis.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.