Die Krokodilrivier is 'n groot rivier wat deur Mpumalanga, Suid-Afrika vloei.

Vir die "Krokodilrivier", 'n sytak van die Limpopo, sien Krokodilrivier (Limpopo).
Kitsfeite Krokodilrivier (en) Crocodile River, Koördinate: 25°26′18″S 31°58′35″O ...
Krokodilrivier
(en) Crocodile River
Thumb
Krokodilrivier stroomop van die Kwenadam
Krokodilrivier stroomop van die Kwenadam
Stroomgebied Suid-Afrika
Hoofrivier Komatirivier
Oorsprong Steenkampsberg, noord van Dullstroom
Sytak -links Mbiyamitirivier, Witrivier
Sytak -regs Elandsrivier, Kaaprivier
Monding Komatirivier
Thumb
Krokodilrivier
Krokodilrivier
Krokodilrivier se samevloei met die Komatirivier op die Mosambiekgrens.
Koördinate: 25°26′18″S 31°58′35″O
Sluit

Oorsprong en roete

Die Krokodilrivier ontspring in die Steenkampsberge noord van Dullstroom, Mpumalanga, en is 'n takrivier van die Komatirivier. Dit staan ook bekend as die Krokodilrivier (Oos) om verwarring te voorkom met die Krokodilrivier in die weste van die ou Transvaal.

Thumb
Krokodilrivier vanuit Marlothpark gesien.

Die Krokodilrivier in Mpumalanga het 'n opvanggebied van 10 446 km2. Stroomop is die gewilde forelhengelplekke rondom Dullstroom.[1] Na die Kwenadam vloei die rivier deur Schoemanskloof, oor die Montrose-waterval na die Laeveldse landbougebied. Die stelselmatige afname in die rivier se volume is waarskynlik a.g.v. wateronttrekking vir landboubesproeiing en natlei van vrugteboorde. Daarna vloei dit deur Nelspruit se nywerheidsgebied, dan langs die suidelike Krugerwildtuingrens en groot suikerrietplantasies, en naby Komatipoort vloei die rivier in die Komatirivier in.[2]

Toerisme-aantreklikhede langs die Krokodil

Thumb
Krokodilrivier vanuit Ngwenya Lodge gesien
Thumb
Krokodilrivier vanaf Malalane gesien
Thumb
'n Nylkrokodil lê en bak in die son op die oewer van die Krokodilrivier naby Malalane

Die rivier vloei deur die Laeveld- Botaniese Tuin by Nelspruit, waar dit 'n diep kloof binnegaan, en die Nelsrivier uit die noorde daarby aansluit. Dit vorm ook die volle suidelike grens van die Krugerwildtuin. Hier verskaf die oewer uitstekende wildkykgeleenthede, aangesien diere vrylik tussen die Krugerwildtuin en privaat reservate ten suide rondbeweeg.

Gewilde oorde sluit ondermeer in:

  1. Leopard Creek Gholfbaan, deur Gary Player ontwerp
  2. Malelaneruskamp in die Krugerwildtuin[3]
  3. Marlothpark (landgoed en wildbewaringsgebied)
  4. Ngwenya Lodge ('n tyddeeloord)
  5. Krokodilbrugruskamp in die Krugerwildtuin[4]

Sytakke

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.