From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Krapnewel (ook bekend as Messier 1 of NGC 1952) is ’n supernova-oorblyfsel en pulsarwind-newel in die sterrebeeld Bul. Dit is in 1731 deur John Bevis waargeneem; dit stem ooreen met die helder supernova SN 1054 wat in 1054 gesien is deur Arabiese, Chinese en Japannese sterrekundiges.
Krapnewel | ||||
M1, die Krapnewel | ||||
Soort newel | Supernova-oorblyfsel | |||
Sterrebeeld | Bul | |||
Messier-naam | Messier 1 | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 05h 34m31,94s | |||
Deklinasie | +22º 00' 52,2" | |||
Skynmagnitude (m) | 8,4 | |||
Absolute magnitude (M) | −3,1 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 6 500 | |||
Skynbare grootte | 420" × 290" | |||
Besonderse kenmerke | Optiese pulsar | |||
Ander name | ||||
NGC 1952, Sharpless 244 | ||||
|
Dit is sowat 6 500 ligjare (2 000 parsek) van die Aarde af en het ’n deursnee van 11 ligjare. Dit is deel van die Perseus-arm van die Melkweg en sit uit teen sowat 1 500 km per sekonde. In die middel van die newel lê die Krappulsar, ’n polsende ster van 28-30 km breed.[1]
Die newel is die eerste sterrekundige voorwerp wat verbind is met ’n historiese supernova-ontploffing en was in 1758 die eerste Messier-voorwerp wat gelys is.
In sigbare lig bestaan die Krapnewel uit ’n rofweg ovaalvormige massa filamente, wat sowat 6 boogminute lank en 4 boogminute breed is en ’n uitgespreide blou sentrale streek omring (ter vergelyking is die volmaan 30 boogminute breed).
Dit is vermoedelik in drie dimensies eerder soos ’n afgeplatte sferoïde gevorm (na raming 4 500 ligjare ver) of ’n uitgespreide sferoïde (na raming 6 600 ligjare ver).[2] Die filamente is die oorblyfsels van die oorspronklike ster se atmosfeer en bestaan grootliks uit geïoniseerde helium en waterstof, asook koolstof, suurstof, stikstof, yster, neon en swael. Die filamente se temperatuur is tussen 11 000 en 18 000 K, en hulle digtheid is sowat 1 300 dele per cm3.[3]
In 1953 het Iosif Shklovsky voorgestel die uitgebreide blou deel word hoofsaaklik geskep deur sinkrotonstraling; dit is straling wat afgegee word deur die buigende beweging van elektrone in ’n magneetveld. Die straling stem ooreen met elektrone wat beweeg teen snelhede van tot die helfte van die ligsnelheid.[4] Die teorie is drie jaar later deur waarnemings bevestig.
In die 1960's is bevind die bron van die buigende bane van die elektrone is die sterk magneetveld wat geskep word deur ’n neutronster in die middel van die newel.[5]
Al is die Krapnewel die fokus van baie belangstelling onder sterrekundiges, kon sy afstand nog nie presies vasgestel word nie, ongeag die gebruik van verskeie metodes. In 2008 was die konsensus dat dit 6 500 ± 1 600 ligjare van die Aarde af is.
Die Krapnewel self is in 1968 ontdek. Deur sy uitsetting terug te spoor (met ’n aanname dat die uitsettingspoed voortdurend afneem vanweë die newel se massa) is vasgestel die newel het verskeie dekades ná 1054 ontstaan, wat beteken sy uitwaartse snelheid het sedert die supervova minder verlangsaam as wat aangeneem is.[6] Hierdie kleiner verlangsaming in snelheid word toegeskryf aan energie van die pulsar wat in die newel se magneetveld ingestuur word, en dit dwing die filamente om uit te sit.[7][8]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.